Ons Voer Gesprek, Daarom Leer Ons

September 3, 2025

15

min read

[[hierdie skryfstuk was ‘n lopende gedagtegang met notas van Annatjie Pretorius – sien nou eers die lig… 

Die koms van die Virus het alles verander – mense praat anders, oor ander onderwerpe, en oor ou onderwerpe op ander maniere. 

Anders-praat hoor en sien jy hierdie dag, die vorige dag, die ander dag, en in elk geval dalk die volgende dag.  

Praat is donker, lig, swaar, vinnig, stadig, skriller, sagter, fronserig, skelm, geheim, en soms glansryk. Dis wat jy sien: gesprekke van aanhouding, na binne gekeer, verwyder van strate, en weggehou van malls en kuierplekke. 

Gesprekke het oral verander. In apteke, buite drankwinkels, winkelsentrumgange, taxis, straathoeke en koswinkels. Elke gepraat het minder woorde, en is vol woorde van mededeelsaamheid. Elke gepraat is vol van navraes oor gesondheid en oënskynlike welstand. Meeste gesprekke begin al insluit: “In die vorige dae…” 

Gepratery voor skerms, groot en klein, is fikseergsprekke. Met kameras aan, kyk oë baie na die eie beeld, en dit beteken skermpraat is met halwe ore. Jy hoor mense op die skerm met 30 gesigte, maklik sê: “Niemand sê niks nie?”. “Jammer ek het nie gesien jy het iets op die chatbar gesê nie”. “Jou vlag was nie op nie”.  

Nuwe gesprekke bring nuwe gevoelens. Gevoelens wat jou maak kies wat om te sê en nie te sê nie. Mense ervaar die gevoelens van afgeslotenheid, van stilgemaak wees, van gelatenheid, van mute moment ervaar, terwyl jy op die skerm jou gesig gelukkig wys. Jy is een van 30, minder of meer; klein gesiggies of swart blokkies met jou ID letters van jou masjien af, wat op die skerm wys.  

Ons hou gesprek daarom leer ons, welwetende dat die rooi knoppie wys: ons word opgeneem. By nabaat  kan almal jou stilte sien, en die rekord van jou beurtneming, jou stiltes, hoe jy ander reghelp; ook die toon, tempo, hardheid, groot woorde; alles wat jou patroon is van deelname.  

Ons hou gesprek daarom leer ons. ‘n Familie-zoom wys kuiers van huis uit; gelyktydige kosmaak, agteroorsit, fronskyke of lag soos nog nie voorheen moontlik nie. Ons sien en hoor in 40 minute wat die familie saamhou, wie die dag swaar gehad het, en kleintjies wat mekaar vermaak.   

Gesprekke in grendeltyd bring nuwe leer – leer oor dit wat nie werk nie en dit wat nuut werk. Behalwe vir die suf gevoel dat die lys prate per dag te veel word, is daar die gesprekke wat jy in jou kop voortsit: wanneer kan jy die een of daardie een bel om regtif te hoor hoe dit gaan. 

Ons het laas gedink: ons praat daarom leer ons. In Coronatyd is dit saamleef met vrees en onsekerheid, en die vraag: hoe kan volgende week beter wees as hierdie week?  

Gert van der Westhuizen

Gert van der Westhuizen

Your thoughts are welcome, contact us to share or continue the discussion.

Your thoughts are welcome, contact us to share or continue the discussion.